Posted on

Pikante Hoendernoedelsop Resep

pikante hoender noedelsop

In die 12de eeu het die beroemde geneesheer en filosoof Maimonides kruiebaddens en hoendersop voorgeskryf vir die behandeling van verkoues.

Meer as 800 jaar later, bevestig die New England Journal of Medicine dat Maimonides reg was. Navorsers het bevind dat hoendersop ‘n ligte antibiotika en ontstuwingsmiddel is, en dat dit geïrriteerde lugweë streel. Tradisionele Chinese genesers maak vandag nog van hoendersop gebruik om verkoues te behandel.

Om vinnig ‘n genesende hoendersop te maak, sit hoender, uie, wortels, peper en ‘n knippie sout in ‘n pot met water. Bring tot kookpunt. Voeg ‘n brandrissie, peper en knoffel by. Kook stadig tot die hoender uitmekaar val. Skep die vet af en giet die sop deur. Voeg ‘n paar dun skyfies suurlemoen by en bedien stomend warm.

Hier is een van my gunsteling hoendernoedelsop resepte. Om die genesende krag van die sop te versterk sit ek ekstra gemmer, knoffel en brandrissie by.

Pikante Hoendernoedelsop
 
By:
  • 1,5 liter hoenderaftreksel
  • 2 wortels, geskil, in blokkies gesny
  • 2 selderystingels, fyn gekap
  • 3 sprietuie, gekap
  • 5 ml sout
  • 2 ml peper
  • 1 eetlepel gerasperde gemmer
  • 3 knoffelhuisies, gekneus
  • 1 brandrissie, gekap
  • 150g sampioene, in dun skyfies gesny
  • 50g rou eier noedels
  • 150g gaar hoender, in blokkies gesny
  1. Bring die aftreksel tot kookpunt in 'n groot kastrol.
  2. Voeg die wortels, seldery, sprietuie, sout, peper, gemmer, knoffel en brandrissie by. Prut, bedek, vir 15 minute.
  3. Roer die sampioene en noedels in. Voeg die hoender by en prut vir 10 minute.
  4. Bedien dadelik

This recipe is also available in English.

One thought on “Pikante Hoendernoedelsop Resep

  1. Dankie vir die Afrikaans, Didi. Nou gaan daardie sop ekstra lekker smaak!

    Lydia

Comments are closed.