Posted on

Kruie en Speserye Gee Jou Kosmaak Daai Tikkie Ekstra

“Good cooking is an art, as well as a form of intense pleasure… A recipe is only a theme, which an intelligent cook can play each time with a variation.” – Madame Jehane Benoit, chef

a mortar and pestle with fresh herbs1. Die mees ooglopende rede vir die gebruik van kruie en speserye in kosmaak is dat dit jou alledaagse geregte in eksotiese disse omtower. Maar daar is ook ander redes hoekom dit tot jou voordeel is om kosmaak met kruie en speserye te bemeester.

2. Dit rek jou rande. Jy kan alledaagse stapel bestanddele omskep in smaakvolle voedsame geregte.

3. Dit verskaf die smulfaktor en afwisseling aan jou gesin se dieet. Met net ‘n handjievol kruie en speserye kan jy letterlik honderde kombinasies optower.

4. Fynproewer kruie produkte soos kruie olies, asyne en mosterd is maklik om te maak en is gesogte geskenke. Mens kan dit ook maklik in ‘n deeltydse, of voltydse, onderneming omskep.

5. Dit verbeter die reaksies wat jy aan die etenstafel kry. Soos die kersie op die koek voltooi vars kruie ‘n gereg. Dis altyd lekker om ‘n pluimpie te kry vir jou liplek-lekker skeppings.

Vir die gesondheidsbewustes is daar natuurlik ook vele voordele:

6. Kruie en speserye is ‘n waardevolle bron van gekonsentreerde mikro-voedingstowwe soos anti-oksidante, vitamines en minerale. In ‘n natuurlike vorm.

7. In ‘n eeu van groente kadawers – bevrore en geblikte groente –  kan kruie baie doen om die smaak en voedingswaarde te verbeter.

8. Hulle stimuleer en bevorder spysvertering en jou algemene gesondheid.

9. Kruie en speserye  is onontbeerlik in lae sout en lae vet diëte.

Mens kan opsommend sê: Kruie en speserye gee jou kosmaak daai tikkie ekstra!

Wat is volgens jou die grootste voordeel van kosmaak met kruie en speserye?

This article is also available in English.